Tyd is 'n illusie, alles gebeur dalk nie op dieselfde tyd in ons limited persepsie van realiteit nie, maar alles bestaan op dieselfde tyd. Met ander woorde, net ons ligame word oud omdat ons so vas glo dat tyd bestaan, onder hierdie veil van vergeet waaronder ons lewe op hierdie frekwensie van ons bestaan. Soos jy Seker sien, ek skryf soos ek praat, ek meng Afrikaans en Engels, ek vloek want ek voel gemaklik tussen mense wat weet hoe en waneer om 'n goeie vloek woord te plaas, ek maak elke nou en dan 'n spelfout, partykeur aspris net sodat ek 'n plyster kan plak...... en ook partykeur om te sien wie ek verloor in die irrelevance van 'n spelfout of wie die punt mis omdat ek fok gesê het........en ek het nou die dag eers uit gefigure hoe om die kappie op die "e" te sit op my computer en nou obsess ek oor dit.
Wat as mens op 'n punt in jou bestaan of inkarnasie kom waar jy vir 'n feit weet dat jy nie die volgende trappie kan klim sonder jou tribe om jou nie. Die wat ook vir jare lank in die donker create het. Die donker kamer wat gecreate is vir ons, die Afrikaner deur baie slim propoganda en ongoddelike programmering.......maar tog dink ek dis nie net die Afrikaner nie, dis die mensdom en wat ons aan mekaar doen as gevolg hierdie programmering. Miskien is die "Great Awakening".....die awakening tot self, die realisation dat daar dalk nie 'n redder op 'n wit wolk van buite af kom en als reg toor nie. Dalk lê die redder in jouself en jou authentic konneksie met die mense om jou. Miskien help ons mekaar onthou. Ons begin ons tribe ontmoet, in persoon..... en nou begin ons saam create en manifest.
​
Voor die programmering van hierdie planeet inskop gewoonlik so teen 7 jaar oud..........is jy 'n onskuldige kind in awe met alles om jou. Jy het nog vars access tot waar en wie jy dalk was voor jy weer geland het op die planeet (ek meen, dink jy nie dis weird dat mens op 'n planeet land en nie vir 'n fok onthou waarvandaan ons kom nie?)........ dit moet aspris wees, deel van die design, maar hoe crack ons die "code"...... hoe onthou ons weer..........help ons mekaar onthou in authentic konneksie met mekaar, bo ons verskille? Die sleutel lê in hoe ons weer ons binnekinders kan help connect. Kom ons re-program saam. Dit sal fun wees, 'n liggie in die donker sodat meer kan sien.
Die pink onderstreepte teks is links.
​
Ek en Haidee het ontmoet nadat sy met die liedjie "Vinger op die Pols" engage het, sy het uitgereik want sy kon die taal verstaan en van toe af het ons vinnig agter gekom as ons kyk na die korrelasies tussen ons werke dat ons beslis op dieselfde frekwensie create en hoe dat waneer ons saam create, dit soveel meer powerful is. Dit activate 'n divine spark en ek voel daai spark is in jou ook.
​
Ons het saam gewerk aan 'n installasie vir Aardklop - die Lam Alweer en Rooiborsduif .
Ons het ook ' collab gedoen vir Rooikappie en my Wolf Wolf liedjie
Ons het ook 'n great experience gehad by die Turbine Art Fair met "Liefie en Seun at the Arcade"
​
Ek en Haidee Nel (Liefie) is op die oomblik besig met die laaste lap met ons voorbereiding vir die Woordfees. Ons doen 'n installation vir Bekind. Ons kombineer sculpture met 'n digitale kuns klankreis of "musiek video" met twee collage print werke. Haidee is in die proses met die beeld, onder die dokument sal ek fotos plaas van hoe ver sy is met hom. Die idee is om die beeld te installeer voor die print hier onder en om dit te maak lyk asof daar van die elemente uit die collage print kom. Dan ook die print wat voorstel hoe die installasie ruik. Alles om nostalgie in die kyker wakker te maak. Basically om die binnekind wakker te maak. Die prints is op "stretched canvas" wat geraam word - daar word ook fisiese collage layers op die print gedoen. Die elemente in die collage is tipiese elemente van ons kinder dae wat weereens die nostalgie, die binnekind wakker maak. Die eerste een is A0 en die tweede een A3.
Onder is die video wat op die USB gaan wat saam die Print hierbo gaan. Bascically is die print die sleuterhouer of die mood board vir die video. Die USB lyk soos 'n rooi sleutel. Die print bo is A0 grootte en op stretched canvas waarop ek nog mixed media collage layers gesit het, die sleutel USB is ook op die print. Die video hieronder gaan op 'n iPAD speel wat ons in die installasie gaan in werk, daar gaan twee oorfone beskikbaar wees om te luister. Onder verduidelik ek verder.
Die beeld is 'n fisiese manifestasie van een van Seun se stories toe hy klein was...... die video hier onder verduidelik 'n stukkie van die storie asook 'n gevoel vir die liedjie Bekind. Basically die script. Hierdie video is ook die idee vir die video wat mense deur 'n vergroot glas Helmut vizer gaan kan kyk op 'n selfoon. Daar gaan twee oorfone wees om te luister. Elemente van die collage kunswerk gaan om die draaiende Sufi val en met die beweging interact. Let wel hierdie is nie die finale weergawe van die liedjie en video nie. Die redes hoekom dit op 'n iPAD is, wat jy deur 'n vergroot glas sien. Mens wil die illusie create dat jy sien wat Seun sien, afspeel voor jou in 'n helmet want die beeld het 'n helmet. Ook dat ons die kykers vra om 'n kort stem boodskap na hulle binnekind te stuur op whatsapp nommer, daar sal ook nota papier wees vir die wat liewer wil skryf.......ek verduidelik onder hoekom. Volg die link om te sien hoe ek dit op 'n ander kunswerk gedoen het: USB voorbeeld . Onder is die eerste weergawe van die Bekind liedjie.
Bekind
Ek is bekind
En ek kan lewe hier waar Ek die waarheid bevind
Ek is bekind
En Ek kan asem haal waar Ek die waarheid bevind
Ek is bekind
En kan my hartklop voel hier
Waar Ek die waarheid bevind
Hier is Ek goed gesind
En Ek raak droog agter my ore
As kind het Ek gesing vir baie gehore
Ek was soos die engeltjie in hulle ore
Wel spits julle ore, gehore
Ons tyd raak min
Hierdie engeltjie wil sing
Ek wil die kore bring
Is dit depressie of verdrink Ek in die hoogtes van self obsessie?
Introspeksie is binne die kwessie ,
Seun, jy is Nat agter jou ore
Want Ek is bekind en Ek kan balans vind hier waar Ek die waarheid bevind. Hier raak Ek droog agter my ore
Kom mense Kom ons raak
Bekind, sodat ons lewe hier
Waar ons die waarheid bevind
Ons raak bekind en ons
Kan asem haal hier
Waar ons die waarheid bevind
Ek is bekind en jy is bekind
En ons kan ons hartklop voel
Hier waar ons die waarheid bevind
Hier is Ek goed gesind
Onskuldig en Nat agter my ore
verlore in die Engele kore
Spits julle ore, gehore
Hierdie engeltjie wil sing
Ek wil die kore bring
Ek is en jy is en Ek is en jy is
Bekind
In ons harte is waar ons die engele tale vind
Ek is en jy is en Ek is en jy is
Bekind
Ek is en jy is en Ek is en jy is
Bekind
Ek is en jy is en Ek is
Bekind
Ek is bekind
En Ek kan asem haal hier waar Ek die waarheid bevind
Hier is Ek goed gesind
En Ek raak droog agter my ore
En Ek kan asem haal onder water
Ek kan sing, Ek kan lag, Ek kan skater
En asem haal onder water
Onder water
Water
#afrikaans #liedjie #lirieke
Die storie het nie daar opgehou nie, soos Seun onthou het sy ouers baie bekommerd oor hom geraak dat hy in 'n skirt draai en toe op 'n baie jong ouderdom is hy na 'n dokter gevat om te "toets of hy gay is" ........ mens kan net imagine wat in daai sessie gebeur het. Mens moet verstaan dat ouers altyd doen wat hulle dink is die beste vir die kind met die resources wat hulle het. So hierdie is glad nie gerig op om enige iemand verkeerd te maak nie in die storie nie...... maar om te highlight hoe waneer ons deur die programmering begin sien, healing gebeur. Ons sien weer die Divine spark in mekaar se oë. Ek wil nie hammer op wat gebeur het nie maar meer die mooi kant van die experience create, die lig in die donker. Die Sufi wat draai as die punt van lig en al die aardse programmering wat op hom geproject word, die labels ect.
Onder is nog 'n video moodboard wat die interaksie met die virtual reality bril wys, die lens, die filter of vergrootglas wat ons opsit. Mens wil die idee create dat Seun deur programmering gaan om hom te wys en half te rewire om in 'n boks te pas.
​
Die finale video sal die storie create waar jong 4 jarige Seun in 'n stoel sit in 'n hospitaal met 'n helmet en hy programmering ontvang deur visuals wat vir hom geflash word. Groot Seun (higher self) draai in 'n Sufi inspired rok en die visuals wat gewys word vir jong Seun word geproject op die die wit rok. Die plekke waar ons moet gaan om ons binnekinders te vind......ToiToi apparel collab saam ons vir Woordfees en maak vir ons outfits.
Die Seun (bekind beeld) wat Haidee maak gaan 'n orbaphone as 'n rok hê, ek plaas fotos en videos onder die dokument. Haidee collab saam met Rignold van Thumper instruments. So basically gaan mens die beeld kan speel as 'n instrument. Daar is nog baie ander cool elemente op hierdie beeld wat Haidee doen, hy gaan beweeg ect. Sy verduidelik meer onder aan die dokument.
Die idee is dan om die Bekind liedjie te design op so manier dat die liedjie begin met 'n deuntjie van iets nostalgies, Seun het ook 'n storie met Andrè Schwartz se "Lief vir Alles hier", weereens om die Nostalgie en binnekind wakker te maak, die description boks in YouTube verduidelik die storie as jy click op "lief vir alles hier". Dan die orbaphone wat 'n layer vorm en watookal ander instrumente dit kan komplimenteer. Dan vat mens die stem notas van die exhibition en mix dit op 'n cool manier as nog 'n layer en kry 'n groot mens koor wat hulle binne kinders channel op die track.
Imagine die next level, 'n installasie waar mense deur jou album kan stap - elke track 'n chapter, 'n visual, sensory experience waar ons artistic expressions weave into a "bendehuis", 'n porthole terug na jou binnekind. "Kom mense, kom ons raak Bekind".......my goeie wêreld.
Ek word geïnspireer deur die spasie tussen ons, wat daar gebeur…. Die dinge wat ons nie vir mekaar sê nie…. Maar tog kan voel in ons energie veld… daar waar die coding gebeur. So die kunswerk of liedjie of watookal kreatiewe projek Ek doen raak dan die aktivasie punt. So als wat ek experience in die tyd wat ek dit create, al my donker, al my lig, al my vorige leeftye anker hier in wat ek create. Ek probeer so bewus as moontlik bly daarvan en dan consciously create… mense wat dan engage met die werk ontmoet my in die spasie tussen ons, waar ons weer as kinders in awe en waardering vir mekaar en die wereld om ons kan staan, Bo ons programmering…. Bo ons verskille. As een. Ek is nie noodwendig Seun nie, maar dalk 'n stem vir die seuns. "Seun"
Onder is progress op die beeld en bietjie meer oor die proses: oor na Haidee:
Bekind (work in progress)
The title is a play on words, when directly translated to Afrikaans -to be a child, with a little bit of a twist because in the Afrikaans language adding the ‘be’ to ‘befok’ is a colourful slang word, meaning mad angry, very cool or excited. Adding the ‘be’ to ‘kind’(child) could be interpreted as -extremely child like, becoming like a child , excited or mad like a child etc. In English ,be kind, is being selfless, caring , unconditionally kind. Like love, it takes practice to understand and feel it. The play on words between English and Afrikaans in this context acts as a bridge between the languages , culture and meaning but also connected to the artwork describing the inner journey taken towards the return to innocence. In other words we need to be kind to ourselves to reach ‘bekind’,a ‘kindfrontation’. Baby stepping on the journey expect turbulence, stormy grey clouds , red hot tantrums, scary monsters(only to find out they are made from polystyrene balls), weapons of mass distraction ,meditation stations, colouring inside and outside of the lines, leaving all baggage behind in order to go through the eye of the needle, a lot of spinning( like the whirling dervishes) , taming hungry tigers, finding the bravery in a mouse , bathing in the peace of the dove, balancing the divine feminine and masculine in order to give birth to the child and begin divine parenting, it’s a growing up now, observing the beauty in chaos and then finding the golden Trophy – JOY with some glitter and a rainbow or two and definitely soft serve ice cream with a renewed or and wonder, radical acceptance and a thankful heart.....
I am currently working on a new sculpture title: ‘bekind’
The Bekind sculpture is a multi sensory interactive sculpture. The sculpture can be played like an instrument, very simple instrument parts similar to a lyre harp , brass bar chimes, bells and tongue drum are built into or on top of the sculpture and base.
There are also moving parts, like the ‘dress’ similar to a spinning top. Extended from the figure are suspended mobiles inspired by Alexander Calder with relevant symbols and objects attached.
‘Bekind’ acts as an activation tool in order to remember, prompting play, stimulating a sense of curiosity and wonder –in other words ‘speel tyd’
Liefie aka Haidee Nel and Seun aka Richard Thomson has collaborated on various art installations- Aardklop 2022, Turbine Artfair 2023, 2021 Die Lam Alweer – Hermanus public sculpture and Rooikappie www.haideenel.com
We are experimenting with different ways in which we can bring together different art disciplines such as, sculpture, sound, performance, fashion, digital into an interactive sensory experience.
We attempt to share our human experience in the form of our creative expression and share our discoveries to whom might resonate. We are both occupied with the relationship of the internal journey and how that is connected to the external world. We have found by collaborating we help each other by pushing our own boundries and cracking codes faster which is otherwise difficult to do when working alone. But it also challenges the ego and radical accepting of our differences, the need to control but also to give space, it is a learning, and a humbling.
Liefie & Seun is the names given to our inner child. The voices spoken can also be seen as a collective voice from the point of view that we are all connected in creative essence. We have many questions, like a child would. Wild, rebellious but true to our nature and authenticity, and truth.......
ONDER IS NOG 'N VIDEO WAT DEEL VORM VAN DIE MOOD BOARD PROSES.......
PROGRESS OP DIE BEELD/e - 27/08/24
Daar is nou 'n "Hoofmeisie" ook wat letterlik gaan lyk of sy met die "Hoofseun" in die print kommunikeer. Partykeur gebeur dit in die proses dat ander werk in pas. Onder is 'n gallery waardeer jy kan navigeer.......wat die Hoofmeisie en die progress van die Bekind beeld wys.
PROGRESS OP DIE BEELD/e - 08/09/24
PROGRESS OP DIE BEELD/e - 20/09/24
Follow the rest of the story here, the next manifestation after Woordfees, happened in the Dossier Magazine.