Soos in meeste van my werk gaan die series gepaard met 'n liedjie of klank reis.
Ek is nog in die proses met sy klank reis maar hier is die woorde of gedig sover.
Is hierdie ding aan? ….Want ek dra die wêreld op my skouers
Ek dra die patrone van my ouers en die patrone van hul voor ouers x 2
Dis als ń patroon Daar was n skeer in die kondoom
Ek sweer Ons wou net vry
Nou is ons ongelukkig maar moet getroud bly
Is Ek straight of is Ek gay?
Die ooms en tannies kyk vir my
Ek sweer hy is net my pel
Maar Ek weet hy het nog Sy voorvel
Dis dinge wat ons nie durf sê nie
Dis dinge wat ons nie voor mekaar neerlê nie
Dis dinge wat ons wegsteek en
Dis dinge wat ons vir mekaar liewer in memes preek
Want ek dra die wêreld op my skouers
Ek dra die patrone van my ouers en die patrone van hul voor ouers x 2
Dis als ń patroon
My gebede was my skoon
My lewe is ń droom in Filters op my foon
Ek mediteer al raak dit seer
Maar al wat ek kan dink is
Ek moet vanaand skeer
Meditasie of irritasie,
fok die mensdom is ń interessante vibrasie
Spiritueel of kontroversieël
Mediteer of irriteer
Hier gaan ons weer
Want ek dra die wêreld op my skouers
Ek dra die patrone van my ouers en die patrone van hul voor ouers x 2
Dit gaan basically oor ons patrone en hoe waneer ons dit recognize, ons die patroon kan verander.







